Louisa van der Walt's profile

VERTAKKINGS: Muisneste

Om te vertak beteken om in takke te verdeel of om uit te groei. Vertakkings verwys na ‘n punt wat in onderafdelings verdeel. Vertakkings dui groei aan en ook hoe goed by mekaar aansluit, byvoorbeeld riviere en plante. Dit herinner ook aan ‘n familiestamboom wat uitbrei en wys hoe familielede verbind is. Vertakkings, vat my reeks konseptuele ligte saam en sluit aan by die tema van neste (familie), voëls en lewensfases binne verhoudings.  Voëls en mense beweeg uit en sprei hulle vlerke om meer te vind in die lewe.
 
Vir elke konseptuele lig in die reeks, Vertakkings, is ‘n Afrikaanse idioom as titel gegee. Die idiome skep die konteks vir die ligte en hulle betekenis is bydraend tot elke lig. Net soos ons taal, groei ons ook en word die taal oorgedra na die volgende geslag.
Konseptuele kuns gee my as kunstenaar vryheid om te speel met die meduims en uitvoering van my ligte. Die reeks ligte verskil elkeen in medium.  Dit is vir die kyker om te interpreteer en sy eie assosiasies te maak met elke lig en lewensfase wat uitgebeeld word.
 
My doel was om ligte te skep wat as ‘n kunswerk in ‘n huis kan hang, maar ook funksioneer as ‘n lig. My ontwerp en inspirasie kom vanuit die natuur en bring dus die natuur terug in die huis in.
 
Ek het besluit om vier ligte te skep wat vier belangrike lewensfases in ‘n verhouding uitbeeld. ‘n Afrikaanse idoom en ‘n gedig is gekies wat by elkeen pas. My reeks ligte is uniek, verskillende meduims word gebruik sowel as idiome om die tema deur te trek.
VERTAKKINGS: Muisneste
Published:

VERTAKKINGS: Muisneste

VERTAKKINGS Conceptual Light 1: Muisneste

Published: